So baie bly ek's terug. Verskriklik, verskriklik goor en vuil anderkant, veral Parys.
Die duisende mense maak my so angstig, omtrent niks gerus. Haat elke tube 'sign' wat ek sien en die underground in Parys so vuil en nerens 'n konstabel of admin. persoon op hulle pos in Parys nie. Dis stompies en papiere waar jy kyk in die straatjies.
Mense was baie nice in Parys, regtig niks weirds met ons nie en was gewillig om met ons Engels te praat! Veral as ek my 'excuizes moi, de station le garde nord?' en 'si vous plait' and 'merci' and 'bonjour'. Ten minste probeer ons!
Nice hotelletjie in die centre centre centre [mnr venter!] van Parys, ek het behoorlik gesoek, stil maar nice, naby, maar ver van gedreun, 'double glazing' vensters vir koue en geraas, ens. Regtig baie goeie prys.
Eurostar vinnig en ek kon vir ons nice sitplekke kry online [met tafel in die middel dat ons iets eet, koerant lees of game speel]. Vir al die nice/cheap pryse moes ons baie opoffer t.o.v. tyd [vertrek 5:25 uit London met Eurostar], dus moes Nick [the Greek!] ons om 4:00 afhaal sodat ons betyds is.
Kyk, as iemand nog dink om te travel, dink weer en weer en weer. Die deurgesoek op beide Eurostar en lughawens maak mens naar! Dis verskriklik irriterend en vat alle lus vir travel weg. Ek moes soms tot my belt afhaal, behalwe al die ringe en bangles, etc. Weet nie hoekom hulle juis my nie trust, dis nou seker die kort wit hare.... Rebert en Lisa staan en lag sonder 'n problem of ongerief!
Marnus het ook gou 'ingeval' by ons vir 3 dae en Kersdag ete, is toe weer vort 27ste na Bath [klomp vriende wat by Harnas ontmoet het]. Hy weer terug 3de Jan. na London en is die 4de Jan. na Oslo, Noorwee, met Ryanair - ek het als so verskriklik deeglik beplan, maar nog gemors toe hy op Stansted aankom [Nick het hom ook oggend om 03:00 kom haal en lughawe toe gevat]. Nick is ons groot vriend, ons vrese t.o.v. geen vervoer, laat wees, ens. verdwyn as ons sy nommertjie inpons op ons fone!
Stansted is soos 'n robot - niks personeel. Als geweet, als online betaal en geprint. Als gelees, weer gelees, weer geprint en gecheck voor die tyd. Dan vantevore ook 'in'-gecheck by Ryanair, jy moet online in-check. Nou ja, groot gemors, Marnus moes glo nog 'n vorm geprint het [weet nie wie's die robot wat dit toe uiteindelik aan hom verduidelik het nie...] en daar verpas hy toe die vlug en is darem reg vir volgende vlug. Hy bel my eers 4 nm. SA TYD [gister, 4 Jan.], toe ek terug is [dieselfde dag], om te se hy kom nou net in Noorwee aan [is die oggend 03:00 met taxi na die robot lughawe toe...] - klink gehawend.
Marnus was siek vandat hy hier in SA aangekom het vanaf Namibia [ek was mos reeds in UK toe hy hier aanland, ook met taxi wat ek gereel het, Rudy was toe klaar in die Kruger Park...]. Dit was 13 Des. Steeds siek en emosioneel regtig op-en-af [ek meen dis die baie maande se werk en 24/7 op jou pos wees, 18 ure per dag, 4 maande]. Wie kan rus in Europa? Erg verkoue/griep en hoes soos 'n hond. Pille, pille, pille. Maar nee wat, hy rook mos [steeds] en die longetjies suffer vir elke kiem in die lug... hy sal MOET luister en aandag gee. Hy WIL graag, maar die HOE en WANNEER is glo 'n ander saak!
Ek sit paar foto's by - baie werk reeds wat wag, ek wer reeds 2 volle dae al, maar ons begin amptelik 11de Jan. eers!
No comments:
Post a Comment