Tuesday, November 2, 2010

My brief aan Casper Rasper....

Hey Cassie,


Ek verwys na jou email hieronder [wat jy aan iemand anders gestuur het].

Nee jong, dis jammer man, jy’t so arrogant geword dat jy in elk geval na niemand se raad luister nie. Seker nou genoeg geld en fame? Ons was daar toe jy ons nodig gehad het om op die been te kom. Ons as gesin lag nou nog oor jou manier van dinge sê, ons het al jou vorige DVD’s. Maar om darem te dink dis 1986 toe ons nog so narrow minded was, is eintlik ‘sad’. Dus, meen jy, ons moet ‘wyer’ dink, wat beteken vuiler dink en praat? Of wat? Moes ons beginsels verander het na die 80’s? Natuurlik eet ons nie als op wat die Regering[net ‘n voorbeeld] ons aandoen nie, jy beledig ons intellek as jy dink dat ons NIE ‘anders dink’ of die pad byster geraak het since whenever en dat jy aangestel is om ons die pad vorentoe aan te wys. Kyk, jou f’woordjie op sy tyd is steeds snaaks en baie van ons gebruik dit – jy kan hierby hou as dit in die teks pas, darem nie só erg nie. Die Prof. op Stellenbosch het in elk geval navorsing gedoen en gesien fok is ‘n Afrikaanse spreekwoord….

Nee man, jy’t altyd soveel moeite, navorsing en wie weet wat nog in elke show ingesit en dit so fantasties aangebied, dat ons geskreeu het van die lag, SONDER dat jy so gevloek het en vuil gepraat het. Ek dink aan die Jan van Riebeeck ‘lesing’, jy’t ons goed geleer wat ons nie geweet het nie. Het jy NODIG om jou ding vloekend te sê of praat jy in ieder geval so en weet nie van beter of weens ‘n tekort aan beter woordeskat? Indien dit jou praat-taal heeldag en –nag is, is dit weird. As jy met jou pals so chat, go ahead. Maar ons is jou vriende wat jou wil ondersteun omdat ons dink jy so original is. Omdat ons Cassie ons eie Afrikaanse komediant was. Omdat Cassie regtig so anders as die normale ou was en sy shows die moeite werd was om te kyk en DVD’s te koop en weer en weer by die huis dit te speel en weer en weer te lag.

Moet nie worry, ek sal nie my vet Christen vingertjie onder jou neus waai nie, die dood wag op ons almal. Mind you, jy hoef nie ‘n Christen te wees om vrot taal te verafsku nie. Maar jy spot met God en belaster Hom. En jou’ moer is suur’ as iemand, soos ekke, hierdie tipe van brief vir jou skryf? Jy weet darem mos uit jou vroeë agtergrond : Hy beloof dat elkeen wat sy naam ydelik gebruik NIE ongestraf sal bly nie. Hy beloof dit. It’s a ‘no no’ OF jy dra die gevolge, dalk nie hier op aarde nie.. Weet net jy kan nie spot met God [nie ‘n afgod of iets daar doer in die verte of even ‘n ‘Hoër Hand’ of ‘The Man Up There’ soos party mense sommer praat nie… ]- Casper, jy sal nie daarmee wegkom nie. En as jy nóú daarmee wegkom, is dit tydelik.

Groet jou met ‘n palm,
Brenda Roodbol



From: "CJ De Vries"

Sent: Saturday, October 23, 2010 5:13 PM

Subject: Briefie

Jy moet leer om ander mense se sienings te respekteer en as ek wil spot met n groot pot kak waarin jy onwrikbaar glo is dit my reg. Dis jou reg om uit te stap, maar dis NIE jou reg om jou vet Christenvinger onder my neus te druk en rond te swaai nie. Jou briefie is vreeslik 1986 , jy is agter die tyd en onvolwasse. Leer redeneer en wyer dink. Ek skaam my vir julle vrot Christene!