Thursday, May 13, 2010

Bit by a flippen cow tick - doesn't make ME a cow!

This is what the tick bite lesion looks like after 6 weeks!  It's been identified as a tick that will attack big mammals - dark gry/blue one we saw in the toilet during the time I was bitten... did not have a clue how this thing landed in the toilet... since then we know.  The vet.! says any tick can be carried from a farm or wildlife reserve and live in a car until it is lucky enough to crawl our my pants.... the same reason people get malaria in the city even if they have not visited Africa or other malaria invested areas.  The [malaria carrying] mozzie is trapped in a car somewhere else and when released in the city it attacks.  Wikkipedia.org says NOT to sit on logs [especially meant for the USA], since this is a sure sign of trouble regarding ticks crawling on you. 

Dankie vir julle bid en baie SMS'e aan my en ook Rudy! Waardeer dit so. Net die Here wat my gered het!

Man, ek het die rooi knoppie op my boud gesien, net waar mens se onderbroek se rekkie begin, laag. Ek vra toe vir Rudy wat is dit, en hy dink dis 'n muskietbyt. Nee, se ek toe, my muskietbyte jeuk erg en ek krap en dit swel op en hierdie ding op die boud is nie seer of brand of jeuk nie. Ek begin toe koue- en warmkoors kry met tye en in die bed vir 'n ruk. Drink antibiotika en Corenza-C vir 'verkoue' want ek dink dit moet verkoue/griep wees wat begin. Los dit toe maar daar. Gaan toe Hoedspruit toe na ons pals se lodge vir 3 dae en voel toe fine [el's besig om vir hulle website te doen, nog nie klaar, tydelik www.warthogrest.co.za [Hoedspruit Wildlife Estate].

Die knoppie sit steeds, lyk NES muskietbyt, maar my vriendin se toe sy wonder of dit nie 'n spinnekop is nie omdat ek nie jeuk en krap nie. Terug by die huis word dit toe baie erger. Ek besluit nou's dit tyd vir afspraak by dr want die koors ruk heeltemal handuit. Eers gaan ek nog stoof koop vir een van ons huurders in ons tuinwoonstelle [langsaan], koop 24! pannekoeke vir ons en die staf as hulle terugkom [dit was 'n Vrydag en Vrydae is hulle vroeer 'af' vir shopping te doen] en gaan sit nog die klomp bakkies kaaskoek, maringue tert en pannekoeke in die kar en gaan maak draai by dr. in dieselfde sentrum. Die stoof, tuisnywerheid, Pick en Pay en Dr. Riaan. Rudy se hy weet nie hoe ek nog besluite kon maak nie, maar die girl trek in die flat en sy wou graag stoof he i.p.v. twee-plaat stoof met grill. Als is toe reg want ek weet sy is ingenieur, mal oor die plek en baie goeie salaris en wil sommer lank bly, dus is 'n stoof 'n investment!

Ek staan toe voor die ontvangsdame en hulle kan my laatmiddag eers help. Ry huistoe en sit al die eetgoed in yskas en gaan slaap, gooi op en maag loop [swart] - ek weet toe dis weird en nie griep nie want ook geen seer keel nie. Heeltyd koue koors my tande klap! Raak heeltemal in 'n beswyming en droom die aller snaakste goeters. Tot EK skrik! Ek bel later vir Rudy uit die bed uit om te vra waar hy is want ek is regtig siek en hy moet my dr. toe vat. Hy kom by die huis, gee my een kyk en ek kon skaars uit die bed klim. Nee se ek, kanselleer my afspraak, sal Maandag gaan as ek 'beter' is. Hy maak sy stem dik en vat my netjies uit die bed, dra my omtrent tot in die garage and off we go!

Riaan [dr] het die byplek een kyk gegee en confirm ja, bosluisbyt. Hy is ook deel van die groep 'doctors beyond borders' en doen diens by ons eie ski-oorde.  Sy praktyk het ook al wat 'n inspuiting wat nodig is vir elke land en die inentings en papiere wat aanvaarbaar is op die grens.  Hy sit my op die bed, anders pass ek uit, reel vir opname by Pta Oos Hosp. [die hospitaal is deel van die Netcare groep, wat glo - volgens koerante - 'n besigheids- en opleidingsplan moet voorle om aan al wat 'n hospitaal is in die land te gee wat hulle in staat sal stel om sulke kwaliteit van admin en diens en bestuur te kan gee soos Netcare...!].

My man sukkel met die skok - al wat Riaan vir Rudy se is dat ek baie, baie siek is en 'her liver is shot..!' Wat dit ookal beteken.  Hulle gaan hierdie week toetse doen as ek klaar is met antibiotika.

Ek word opgeneem met koors van 40.7 grade! Ek is ontslaan met temp. van 25 grade. Eerste ding by hospitaal word Rudy gevra of ek baie alkohol gebruik. Nee se Rudy, dis net halfwe glasie ligte wyn wat ek optop met sodawater en ys [spritzer] eenkeer [saans] met ete. Nou na hoe-sorg waar die gemors begin met ons liewe 'opgeleide' susters. Ek is vir 6 dae nie ge'tag' met ID aan my arm nie, dus kan ek wegraak, epilepsie kry in gang AS ek in staat was om te loop en daar is niks wat my identifiseer nie. Ek het drup gehad vir 3 dae, maar die laaste 3 dae vra hulle my nog waar is my drup dan nou?! Nooit aangeteken op my dik file nie - I kid you not: hulle loop om die bed om te kyk of hy langs my bed staan, dalk afgesak het of wat, maar geen bottels hang teen muur of geen drup in my hande nie..... My eerste drup is suksesvol ingesit in linkerhand.

Na 'n dag in high care sien ek die drup begin bloei, medikasie loop uit, ens. Baie duidelik geswel, die hand, en klop nou van die pyn en brand. Mens kan als sien deur die deurskynende 'glad wrap' pleister waarmee hulle die drup vasmaak aan die hand. Ek wys vir mnr die spesialis, maar nee, dis okay want die drup 'werk'. Ek se maar dit pyn en brand en kyk die bloed, dis seker in die weefsel in, en kyk die medikasie wat hier skuins uitlek.... Nee wat, dis reg. Ek DRING toe aan om die drup te vervang en begin myself die glad wrap losdraai en die eerste suster sien toe ek's nou serious... my hel!

VIER susters soek na 'n ander aar.... die 4 try nou elkeen hulle ego en besteek my hande en arms, OOK my voete en tone, daar is soms are, want hulle kry nie are vir die drup nie....ek skree verskriklik [druk met een hand die een suster se hand, met ander hand hou ek my mond toe. AS die naald tog ingaan in 'n klein aartjie, val die aar plat, dit 'shock' soos elektriese skok en dan word ek gese om asb. stil te le hulle kan nie so werk nie. Na 8x kere se probeer [dis nou 'high care' susters...] skree ek later die aller vreeslikste woorde en jaag hulle uit om iemand te kry wat weet wat hulle doen! Ek huil my stukkend met al die pyn en bloed wat nou orals uitkom waar daar geprobeer is.

Hier kom die M[edic]ICU ou na 'n ruk, swart ou, weet wat hy doen. Hy kook en trap hulle behoorlik uit, want waarmee gee hulle hom nou om te werk?! Hy raak omtrent beserk toe hy sien waar die gate is en vertel hulle mooi wat hy van hulle dink en vra my omverskoning [nie een van hulle het nie] - hy vra toe baie mooi ek moet hom vergeef want hy gaan my hand bo-op slaan want hy MOET 'n drup inkry maar dit gaan seer wees en hy slaan hard, oor en oor. En ja, daar pop die aartjie uit, hy sit die drup in, one shot! Ek soen hom omtrent.

Verder is die kateter 'n probleem een aand. Rudy is by my en ek se hy moet die suster roep, ek voel 'drukking' en met kateter voel mens mos nie behoefte om toilet toe te gaan nie. Nee wat, sussie se als reg, en ek 'gee toe maar oor'... ja, lekker my bed natgemaak, sommer twee keer maar ek so siek ek weet net ek voel 'beter' na die urineering en le wraggies tot by my kopkussing in my eie uriene...  Dit word toe eers later die aand 'bevind' toe hulle my wil kom toemaak.... O, jammer, daar's 'n bubble in die tube gewees en hulle spuit die bubble 'weg' met saline in die drup. Nou reg. O nee, volgende keer weer selfde storie. Ek's nog in ICU! NOU raak ek woedend!

Ek begin hallusineer, sien ouens wat boeke merk in die donker by hulle tafels, geen lig!, hoor Rebert in my oor [hard, ek word wakker hiervan] 'Mamma!' en Marnus 'Ma' roep! Ek 'hi, Rebert wat doen jy hier?' en 'seun, hoekom kom jy, ek's 'fine'! Dan sien ek 'n abyss tussen my en die vrou oorkant.  Sy kry ook hallusinasies glo hulle wil haar doodmaak. Nou gaan chat die susters HEEL AAND met haar, plaas hulle haar sommer chloroform gee, want naby haar kan jy nie kom tot ek hulle weer almal verskreeu dat nie een van ons kan slaap nie, dis nou genoeg, I've had it! Ek meen, dis 'high care'! Ons is almal flippen siek.

Einde nog nie in sig. LANGS my bed is die deur na die gang toe. Swart sussie suster sit en blaai en blaai en blaai bladsye van die dag se aantekeninge van elke pasient wat sy moet nagaan, helder fluoresseerlig boonop reg bokant my aangeskakel en ek kan NET op die bytplek-boud, regter sy, le, wat vrek seer is, anders skyn die lig in my oge!  Ek draai later om en vra haar of sy nie op ander plek kan sit nie, ek 'wag' al vir die volgende geblaai en kan nie slaap en die lig wat so helder is nie! Op stadium gaan die deur langs my bed oop en sussie se boyfriend kom in en chat en giggel tot ek HULLE ook moet verjaag en hy darem 'sorry, mam' vir my se - kostes per nag? Dis hoog-sorg, amper ICU : R4718-00/nag - amper vir wat, vra ek julle?

Intussen, na SES nagte in die hospitaal, is ek nog nooit met 'n ID band ge-tag nie [om my arm] en tot die dag van my ontslag 'soek' hulle nog die drup en bottels en pype wat kwansuis aan my moet wees. Ek vra die suster die laaste dag: wat gaan aan met julle? Kan jy sien hier hang nie sakke medikasie en bottels nie, dat ek NIE 'n drup aanhet in my hand nie - is dit nie afgeteken op die file nie, of wat? Nee wat, sy loop OM my bed en kyk of die goed nie by my kopstuk agter op die grond staan nie.... [dis nou gewone saal, drup is verwyder by High Care toe ek oorgeplaas word - kateter is uitgehaal in saal, DIT is darem aangeteken].

Ek kom by saal aan, hoor ouens wat rugby liedjies sing, hande klap, etc...groot lawaai. Ek wil myself ontslaan en bel Rudy om my te kom haal. Die twee blanke susters maak beurte om met my te kom gesels want daar IS nie lawaai nie. Ek hoor die een liedjie, kyk op die TV skerm van swart sussie langs my in die bed en sien toe sy het wel haar TV op rugby aan en daar word die liedjie gesing - ek dink sy het haar ore uitgeblaas met die klank dat ek dit tot by my bed hoor. Intussen is die hallusinasies nog nie weg, want die spesialis se pille is vir skitzofrenie.... en gevolglike newe-effekte is hallusinasies...

Nietemin, haar ou foontjie lui aanmekaar, sy bel aanmekaar, dis 'n gelag en grappe en hou aan en aan en aan..... op 'n stadium draai ek na haar en vra sy moet end kry, ek is baie siek [sy is vir observation] en dis swak maniere om jou foon in 'n hospitaal te gebruik - 'turn it off or put it on silent if you want to read a SMS'. Het later die aand die suster, blank, gekry om haar te vra om te announce, in general in die saal, van die selfoon etiket. En sy het toe, sommer my ook aangespreek, ek le met my rug op die ander nie-bosluis-boud: 'Mrs Roodbol, do you follow what I'm saying about the cellphones' en ek so ewe 'yes, mine's turned off'. Nooit weer oproepies nie.

Die beddens is SO swak, dun matrassies, ek is voos gele, het twee kussings onder my boude/heupe en tussen bene. Die swart vrou oorkant my vat gladnie nonsens nie: vandag is sy NOG sieker a.g.v. die swak matras as die ander twee dae en sy SAL 'n bed kry wat goed is, anders loop sy en kry 'n ander hospitaal. Sy is regtig inspirerend vir my gewees! Ek hoor haar se vir die ander swart sussie: 'I will not pay you if you don't look after me' glo vir 'n dokter gese 'you're paid by me to do your job' en ek begin hande klap! Hulle kom 'by', dis verseker! Dan kry ek moed vir die land.

Ek moedig my Liesbet altyd aan om haar nek uit te steek en hulle terug te antwoord as hulle ongeskik is met haar, want die status bewustheid tussen die swartes is glo astronomies en daar word baie neergekyk op die vrouens wat in huise werk as bediendes... kan julle glo? Anderdag bel 'n swart vrou Liesbet oor 'n rekening  en sy begin Engels met Liesbet praat... Liesbet vra haar toe 'hoekom praat jy Engels, jy hoor mos ek werk in 'n huis en ek kan hoor jy's Tshwana, wil jy nou 'grand' klink'? Ja, se sussie, sy's jammer en daar slaan sy oor na normaal wees en sit haar ego in haar sak!

Die pille wat ek kry van die internis [huistoe], dieselfde goed wat in die drups was, maak my so pap, moeg, my tong kleef heelnag aan my verhemelte vas, ek wil niks eet, maag spoel, ens.  Gister toe omtrent amper groot epileptiese aanval gehad, Rudy teruggejaag om te check, Liesbet by my gesit, slaappil gedrink en nog medikasie net om my 'by' te hou en rustig. 

Toe ek eers beter is laat-middag, Google ek die medikasies:  ja, NIE vir epileptiese lyers nie met newe-effekte kan nie slaap [ek is 2 uur soggens wakker, gaan werk in kantoor tot 6 vm, probeer weer 'n uurtjie slaap, maar nee!], eetlus steurnis, maag loop, naar, mond baie droog, en so hou dit aan en aan! 

Toe, ander medikasie: vir skizoprenie pasiente wat newe-effekte het om te hallusineer - ek hallusineer van die erge koors in die hospitaal en net in high care - hoekom my 'behandel met die goed by die huis?!' EN dr die spesialis internis gee 20 inspuitings Warfarin om my bloed te verdun... ek verstaan hulle moes dit gee toe ek in hosp. was, want ek het gele, maar huistoe gee as ek geen beduidenis van bloedklonte of familie geskiedenis het nie?  Ek stap mos nou rond!  En dit van 'n INTERNIS wat seker 11jr geswot het en wat deur my file blaai en blaai en DUIDELIK sien ek is epileptiese lyer EN allergies vir Penicyllin en dat ek naer is, opgooi, maag loop, nie kan slaap, voel of ek aanval kan kry, etc. 

Weet julle, ek het tot in High Care elke keer, as ek nou 'by' was, gevra wat spuit hulle my, ek is allergies vir Penicyllin en of die inspuiting wat hulle nou gaan doen epilepsie aanbring of nie!  Mens moet na jouself kyk en sommer my file ook gelees.  Die blanke suster het die ander [swart] suster geroep om te vra wat gaan hier aan, dit en dat is nie aangeteken nie op my file nie! En toe hulle my Warfarin wou spuit, lig die sussie sommer my toppie op en wil begin spuit in die gewone saal - ek hokkaai haar, se vir haar sy kan mos nie spuit sonder om te verduidelik wat dit is nie?!  Nee wat, kan julle nie vertel hoe benoud 'n ou is nie. 

Die een oggend word ek jou waarlik om 4:30 wakker van 'iets' - struikel toilet toe, sien die toiletraam is opgelig en geel uriene van 'n man [party druk mos nie toilet nie!] EN die deur is net genoeg oop vir iemand om daar in te stap.  Ek voel so weird, bang die ou is in die kamer onder 'n bed of iets.  Ek was laaste een wat gaan slaap het die vorige aand, ligte afgesit ook in toilet, deur heeltemal toegestoot en daar is GEEN swart manlike verpleer nie... meld dit toe aan, en kry net 'n 'oh'. 'Duh!'.  Niks van gekom nie. 

Nou stort: nuwe sussie saam, seker pas begin werk, onhandig en heel stupid: ek moet op die stoel in die stort gaan sit en met die handsproeier was. Nou se sy aanhoudend ek MAG nie val nie [dis al wat sy weet, want ek sal seker die hospitaal sue, dis seker by haar ingeprent!] Ek gaan sit, gly op die 'anti-gly' PLASTIC matjies op die vloer. Sien toe die matjies is nie met die suigkante [bubbles] na onder nie, nee - dit is boontoe gedraai! Dus skuif dit heen en weer. Ek buk af, sit dit reg en wys haar hoekom dit gly en nou suig dit ten minste 'vas' aan die vloer.

Dan maak sy die stortdeur toe en ek dronkerig op my eie. O ja, ek mag ook nie teen die deur staan nie, hoe gaan sy my uitkry as ek val? Wonder hoe gaan sy betyds my uitkry VOOR ek val al staan ek NIE teen die deur nie maar teen die muur, want sy maak die stortdeur heeltemal toe...!

Al bg. goed gaan op skrif gestel word vir Pta Oos Hosp. Vir mediese bydrae van R4,200 per maand vir my en Rudy aan Liberty Health is dit 'n skryende skande dat ek nog hoeveel per dag moet betaal vir 'n bed en 'opgeleide' staf! 

Ek heg foto aan van my en my Missy, wat OOK nog deur trauma is voor ek opgeneem is - ek het 2 dae so gehuil.  Lilo, wat glo volgens Marnus die alpha-female is, is glo gepla toe Missy aan haar lek vir liefde en dis maar 'een van daai dinge'..... ek vererg my toe so vir hom en skreeu 'al is sy alpha Queen, ek sit haar uit, moet nie vir my vertel wat om te doen nie, jy's nie hier met ses honde nie.  Spaniels kry albei epilepsie [kan julle glo], Travis [Marnus hond] het kanker in ogies wat ons almal bygedra het vir bestraling.

Missy is vir my gekoop deur Rebert en Lisa en Douggie, Rudy se baby, was Lisa se hond, toe is hulle vort UK toe.  VYF honde is deur Rebert aangebring as geskenke so met die jare, dan waai hy terug UK toe.  Ons baie kwaad vir hom want ons sit met soveel aandag wat hulle verg en kan nerens gaan nie. 

Ons pals van 36 jr. het pragtige lodge in Hoedspruit, teen Kapama en Kruger Park [wat hulle verhuur vir toeriste] - ek besig met haar web http://www.warthogrest.co.za/ [nou net begin met website, nog laaaaank nie klaar nie].  Sy sy se ons moet kom vir 3 dae saam met hulle en die twee babies moet saam want mens mag honde bring, daar is glo voltydse inwoners by die Hoedspruit Wildlife Estate.  En was dit nou wonderlik anders sou ek nie gegaan het nie. 

Missie se ogie is 'gered' maar is blind [haar regterkant].  Sy wou nie stil sit vir hierdie foto nie, want as Rudy aankom smiddae is dit mos 'parkie en bal'-tyd!  Ek dieselfde dag uit hosp. en lyk oes, maar foto is vir seuns  geneem want hulle was so ontsteld, veral Rebert, want hy wou sien hoe sy lyk, want sy is regtig 'n poppie!

Rebert voel ellendig en wil terugkom en in een van die flats langsaan bly en twee spaniels vat, want niemand wil hulle uitsit nie behalwe ek. Marnus baklei, Rudy kry stilstuipe en ek verduidelik hulle gaan gespuit word om forever te SLAAP, ons kap hulle nie met 'n byl dood nie! Net Rebert voel soos ek.  Ek skreeu vir Marnus en Lilo anderdag:  EK is die alpha female, hoor jy my - EK is die pack leader.  Dis my huis en ek lei die vrouens!

Ek het die paar besprekings vir die CUP ook gekanselleer [geskryf namens Rudy en verduidelik sy vrou was in ICU en die dokter het voorgestel ek kanselleer die besprekings, want ek sal lank vat voor ek meer krag het] - om laundry, ontbyt, etc. te maak EN nog ons besigheid, sal erg wees as 'n ou nog herstel. Marnus het omtrent ontsteld geword toe hy hoor daar is 6 Canadians wat kom en hierbo in die flat bly - nee, nee, nee. jy kan nie ma! Hulle is bekend vir 'n ge-suip, parties en loud!  Nienke van Holland staan toe langs hom en beaam dit - omtrent al die Canadian volunteers by Harnas is so en mens ken hulle aan hul gedrag nog lank voor jy weet hulle is van Kanada - nou ja, daar's verseker goeie mense in Kanada, net soos wat daar goeie swartmense in ons land is.  Nou moet 'n paar 'swakkes' die hele land versuur! 

Nou ja, hulle is ook gekanseller en die ou het laat weet hy is verskriklik jammer en hoop ek herstel.  BAIE plek oop in die hele Pretoria, hotelle, B and B's, kamers, apartments, etc.  Grootste flop vir die land en uitgawes wat terugbetaal moet word, die CUP. 

Rudy lees op news24.com dat HOLLAND se TV uitgesaai het dat die ouens hul eie kondome! moet bring want ons kondome in SA het gaatjies in....liewe hemel, ek dog ek 'pass' uit!  Op die TV so gestel en op http://www.news24.com/ wat ons kry elke dag. Ook kom net 'n derde wat oorspronklik sou kom van Holland en Brittanje glo, te bang vir die crime.  Die ouens het hulle verblyf en seker vlugte ook gekanselleer, volgens die koerant. 

Tot anderdag.  Ek het maar op die BLOG geskryf want almal wil weet wat het gebeur en my werk so agter [filing vir 3 maande....] en VAT ook. Nog nie eers afgesluit vir finansiele jaarend nie. 

Liefde, Bren.

No comments:

Post a Comment