Thursday, June 17, 2010

Ons Soccer City Experience 14 Junie 2010

Rudy 'oefen' solank met sy baadjie in die kantoor....



Holland vs Denemarke, Soccer City … 

Ons 10 uur vanoggend hier weg, karre, karre, karre – tot by Wits bumper-bumper. Toe in by Wits parkeering, toe dieselfde. Vat ons 30 min. om by parkeerplek uit te kom wat beskikbaar is. Mense mense mense. Ons moet toe NOG 3 km stap [rye rye rye staan!] vir busse. Toe nog 40 min. ry tot by stadium. Nee, busse laai ons nie by stadium af en gaan weer ander mense by Wits haal nie, dis NOG 3km – REGTIG – stap en stap - dis sooooo ver, ons sien nog nie eers die stadion nie! Rudy praat lankal nie meer, so gestress oor die tyd, hy's behoorlik wit in die bus want ons gaan dit OF net-net maak, of gladnie eers die afskop sien nie.  Nou nog Hek G soek, dan block 516...

Ons hol en ek check dat ek nie val. Rudy skreeu, 'die tyd is min!' en Marnus bars uit van die lag vir ou Liatjie wat so drentel [dog ek hol!] en pics wil neem van die area en almal..... Amper afskoptyd - 1:30nm! Toe VYF vloer ophardloop na ons sitplekke – Rudy hol toilet in, Marnus en ek skuif by almal verby – die anthems speel – Rudy sit, en die bal skop af! Yaaaaay, betyds!!  

Ons raak honger en ek voor halftyd weer verby almal en soek-soek-soek na eetgoed. Weet jy, net bier en koeldranke en chips met chocolate te koop! Nie enige kosse nie. Jy kan sien ons is nie stadionne gewoond nie! Weer vyf vloere af, daaronder gekom en daar is pies, maar die rye staan [maar die wedstryd is aan die gang!!]. Ek weer die vyf vloere op en koop twee biere @ R30 elk; KLEIN pakkie biltong, 20g @ R30! en sjokolade weet nie hoeveel. Ek wil vir Marnus Coke koop by ander plekkie, maar weer rye en rye. Want dis toe halftyd?  Ek weet later nie meer nie! Speel hulle nog, is dit halftyd, of wat?  Van die R200 het ek toe net R25 oor! Toe hol ek op mwr die paar goed om te eet en drink. 

Nou ja,  die sokker-gees is lekker as jy dit bywoon maar jy sien baie beter op TV. Toe weer rye en rye STAAN, na ons weer 3km teruggestap het waar die bus ons afgelaai het.  Ons staan 'n uur in die rye en rye en rye om uit te kom en in 'n bus te klim [busse baie goed, maar ry met spitsverkeer heen en weer deur die stad!!?] en ons terug by Wits [laai jou buite op pad af] 5:30nm. 

Daar is toe een jong ou en hy gee my sy sitplek [Marnus en Rudy staan] en ek sit agter sy vrou [jong couple] en hulle pals.  Die pals staan hier by my en hulle maak hulle vrouens kwaad want nou en dan blaas hulle die vuvuzelas kliphard in die bus.... ego maak jou mal! Op 'n stadium gryp een meisie die vuvuzela by haar man en breek dit!  Sy lip is so geswel van heeldag geblaas [dis witmense!] en sy noem hom Angelina [Jolie]! Lekker dik geswelde seer wat daar sit van al die geblaas.  Toe een ou weer blaas, vra ek sy vrou of sy nie my pepper spray wil he om dit voorin die vuvuzela te spuit nie... hy ruk die ding weg en ek vat dit agter sy rug en gee dit vir haar... darem stilte wat die twee manne pals betref want gebreekte vuvuzela doen niks - klink soos muis op steroiede! Ander jongmense blaas tog maar weer heeltyd in die bus.... ek verwonder my altyd oor die vuvuzelas:  dis soos 'n cracker wat klap - dan's dit stil - dan klap - dan's dit stil.  Watter onmiskenbare lekkerte vind mense tog nie in die ge-piep en ge-klap van goetertjies nie..... heeltyd, heeltyd, altyd.  So common, of jy niks gewoond is nie.  Ek meen, as dit nou 'n pragtige voëltjie was wat gesing het of 'n skaaphond wat sy truuks gewys het... dis 'n ander ding.  Iemand het hul talent vir jou gewys. Maar klap-blaas-klap-blaas?  Groot irritasie!!!  

Om by ons kar uit te kom, weer 3km stap - verskriklik groot daar in Wits tussen die geboue, ons was heel in 'n war want mens kan so gou verdwaal. Nou in kar en nou om by Wits uit te kom, vat ‘n UUR [bumper-bumper, NIKS move!] en die flippen vuvuzelas blaas uit die karre uit - kan mens so common wees?!  Party word net niks moeg vir gemors lawaai nie, hulle is seker al voos wat die gehoor en verstand betref.  Ons vat kortpad toe ons drie ander karre 'n ander rigting sien gaan.

Daar is ons vinnig uit, draai af met N1 en is eers 07:30nm. tuis - ons kon glo die trein van Pta. stasie gevat het maar het nie geweet. Ek het net gelees op website en koerant ek moet http://www.ticketbreak.co.za/  park & ride vir R50/kar bespreek en tickets word online en Computicket verkoop EN NIE DAAR NIE – ouens het teruggery, seker nie geweet of gelees nie? Weet nie hoeveel busse nà ons daar aangekom het nie – BAIE BAIE mense het eers na halftyd aangekom en ‘n paar toe ek afgaan vir kos het hulle malle verstand opgehol boontoe - ons so bly ons het nie vir oupa daar gehad nie - nie eers met rolstoel nie.  Hy is weer in ICU vir diabetes. Dr het gedink hy kon huistoe kom vir die game kyk op TV, maar ons het gese nee en hy het ook besef hy is te swak en dan is ma weer in beheer en sy is opgestress en huil oor als.  Dus, ICU is wel Holland-mal [die hele saal!], maar geen TV's en Rudy het pa kort-kort gebel om te vertel wat aangaan en dat hy die geskreeu van stemme en vuvuzelas kon hoor.  Rudy het ook die hollandse vlag [uit Holland laat kom - egte span-vlag] oor sy bed drapeer in ICU en hy het sy baadjie aangeheg wat ons vir hom gekoop het.  Rebert het ook vir hom uit Engeland gebel en Marnus het van sy cell gebel toe hy in Pretoria aangekom het vir die games. 

Slimmer geraak nou en reeds taxi gebook vir oplaai by ons hotelletjie in Durban vir Saterdag game. Kos R50 vir ons al 3 - genade, wat 'n bargain! Is wel net 20 min. se ry na stadion, maar ons gaan nie die rental car vat om vir lank daar te staan nie – parkeer onder dak in parkeer area oorkant hotel en los dit daar. En dan kan ons rustig wees – weet nie eers OF mens by stadion naby kan parkeer nie - parkeering is uitgesit vir gaste en spanbusse, etc.  Ook t.o.v. veiligheid [kar-bomme]. Geen busse of trein ry daar by die Durban stadion verby nie – kon niks kry want het gister gesoek op internet. Ons vlieg more en parkeer by die Lanseria die kar vir die naweek.

Meer nuus en baie pics later.....

No comments:

Post a Comment